Radio Overberg 101.8 FM

...op jou frekwensie!

Get Adobe Flash player

CB Login

Javascript error before this line

 

small 4ab9b

Radio Overberg Blog

Luister: Wees deel van die nuwe #JouStorie - Radiodrama

Radiodramas is eie aan ons radiokultuur met karakters wat herken en ervaringe wat jy dalk al beleef het.  Nou kan jy saam kom skryf aan 'n splinternuwe radiodrama, #JouStorie.

#JouStorie is 'n realiteitsradiodrama waar Maroele Media en verskeie gemeenskapradiostasies handevat om 'n unieke Afrikaanse radiodrama te skep- uit die gemeenskap, deur die gemeenskap, vir die gemeenskap.

"Dis nou die luisteraars se storie," vertel Susan Lombaard, Uitvoerende Hoof van Maroela Media.  "Hulle gaan op allerhande interessante en prettige maniere betrokke wees by die skep van die storie, die skep van karakters en nog klomp ander goed.  Dit word regtig jou storie, waarvan jy eienaarskap neem en waar jy betrokke is van die begin tot die einde."

 

Vir verdere inligting kliek op die link hieronder:

https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/projekte/luister-wees-deel-van-die-nuwe-joustorie-radiodrama/